Win this Pretville scooter!
Wen dié Pretville bromponie!
Choose the number of signatures you see in the photo of the scooter and you could win it!
Raai hoeveel handtekekeninge is op die foto van die bromponie en jy kan dit wen!
Click here for the entry form
Kliek hier om in te skryf
Pretville besigheidsure
Pretville sal oop wees van 08h00 - 17h00 op Saterdae en Sondae.
Toegang: R40.00 vir volw (12 en ouer), R20.00 vir kinders.
Ouer as 70 jaar en jonger as 2 jaar oud kan gratis die dorp besoek.
Oop op vakansiedae ook!
Die Film - "Pretville" draai nog in die Dorpie!
Jy hoef nie te bespreek om die Dorpie Pretville te besoek nie,
maar dit is veiliger om vooraf te bespreek indien jy die film wil kom kyk.
Fliek kaartjies kos R40.00 per persoon.
Fliek tye is: 09:00, 11:00, 13h00, 15:00 op Saterdae en Sondae.
Besprekings en navrae kan op 083 266 8567 gedoen word.
Dorpie sal net oop wees op Saterdae en Sondae van 08h00 - 17h00
Kry aanwysings hier:
GPS: (deg.min.sec)
S25 44 26, E27 55 05
Synopsis
Pretville is the brand new Afrikaans musical film from Hartiwood Films. Reuniting the talented filmmaking team behind the 2010 blockbuster Liefling, Die Movie – producers Paul Kruger and Emma Kruger, and co-producer and director Linda Korsten – the film is a rollicking Afrikaans musical set in the 50s. In the small, bright and vibrant town of Pretville, anything is possible and lots of interesting things happen all the time.
Also on board is the internationally acclaimed composer and songwriter Machiel Roets who has composed almost 30 brand new Afrikaans songs for the film. Roets has worked as musical director on pantomimes and musicals in London for more than 12 years.
"With Pretvillewe hope to capture the 50s that we largely missed out on," says director Linda Korsten. "This film is colourful and full of fun, music and dance. You’ll recognise the characters even if you don’t know them. Once you have visited the town of Pretville, you cannot help but feel happy."
Featuring 50s music from rock ‘n roll to doo-wop, the film harks back to an era characterised by charm and romance. In the tradition of ‘Grease’ and ‘Hairspray’, it’s madly colourful and stylish. It’s also big on costumes, with a wardrobe and sumptuous set design never before seen in a local movie. The entire set was built from scratch at Hartbeespoort and encompasses a town hall, diner, hair salon, garage, funeral parlour and other distinctive small town features. Because it’s set in the 50s, audiences will also be able to feast their eyes on a gorgeous collection of classic vintage cars.
"We have assembled the best cast, the best music and the best vintage vehicles for this film," says producer Paul Kruger. "There is no doubt in my mind that we are producing something truly unique and fun with Pretville. The town we have built is amazing and we are really proud of our art department. As with 'Liefling, Die Movie' the production values of the film are world class."
In the lead are Marlee van der Merwe (Liefling, Die Movie), newcomer Eugene Jensen and Marno van der Merwe (Longshot). Also starring in the film are Terence Bridgett as a flamboyant hairdresser and mayor of PretvillePierre Lukuveer. Other well known stars appearing in the film include Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Steve Hofmeyr, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackerman, Kevin Leo and Jakkie Louw, as well as a line-up of fresh, young talent.
Pretvillewill be distributed by Indigenous Film Distribution. "This is another in a growing line of top quality Afrikaans films that are being produced," says Helen Kuun, CEO of Indigenous Film Distribution. "The focus is on fun and this exciting film will have audiences singing along. It’s great to see the progress being made in driving quality and production values while also creating great South African entertainment.
Pretville is Hartiwoord-films se splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent. Die talentvolle rolprentspan wat vir die 2010-treffer Liefling, die Movie verantwoordelik was, vervaardigers Paul Kruger en Emma Kruger en medevervaardiger en regisseur Linda Korsten, het weer saam gespan om ’n speelse, prettige Afrikaanse musiekrolprent, wat in die vyftigerjare afspeel, te maak. In die klein maar opwindende dorp, Pretville, is enigiets moontlik en interessante dinge gebeur voortdurend in die dorpie.
Die internasionaal bekroonde komponis en liedjieskrywer, Machiel Roets, wat die afgelope 12 jaar in Londen as musiekregisseur vir pantomimes en musiekblyspele opgetree het, het amper 20 nuwe liedjies vir Pretville gekomponeer – liedjies wat tipies van die vyftigerjare is.
"Met Pretville probeer ons om die 50’s vas te vang juis omdat dit ’n era is wat grotendeels by ons verbygegaan het," sê regisseur Linda Korsten. "Hierdie rolprent is kleurvol en propvol pret, mooi musiek en danspassies. Die karakters sal vir jou soos ou bekendes voel, al ken jy hulle nie persoonlik nie. As jy eers in Pretville gaan kuier het, kan jy nie anders as om sielsgeluksalig te voel nie."
Die musiek wissel van rock ’n roll tot doo-wop en roep ’n era op wat deur sjarme en romanse gekenmerk is. Net soos die rolprente Grease en Hairspray is Pretville nie net kleurvol nie, maar ook stylvol. Die asemrowende kostuums en pragtige stelontwerp oortref enigiets wat nog ooit in ’n plaaslike rolprent gesien is. Die stel is in sy geheel uit niks uit by Hartebeespoort gebou en sluit ’n stadsaal, diner, haarsalon, motorhawe, begrafnisonderneming en ’n paar ander tipiese kleindorpse bakens in. Omdat Pretville in die vyftigerjare afspeel, kry die fliekgangers ook die geleentheid om hulle in ’n verskeidenheid antieke motors te verlustig.
"Ons gebruik van die beste akteurs en aktrises, die beste musiek en die mooiste antieke motors in hierdie rolprent," het vervaardiger Paul Kruger gesê. "Daar bestaan by my geen twyfel nie dat Pretville ’n besondere unieke en genotvolle prent gaan wees nie. Die dorpie wat ons gebou het, is regtig iets besonders en ons is vreeslik trots op dit wat ons kunsdepartement vermag het. Die produksiewaardes van die rolprent is net soos die geval was met Liefling, die Movie, van wêreldgehalte."
Die hoofrolle word vertolk deur Marlee van der Merwe (Liefling, die Movie), die nuweling Eugene Jensen en Marno van der Merwe (Longshot). Terence Bridgett speel die flambojante haarkapper en burgemeester van Pretville, Pierre Lukuveer. Ander bekende sterre wat in die rolprent optree, is Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Steve Hofmeyr, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackerman, Kevin Leo en Jakkie Louw, maar ’n handvol nuwe, jong talentvolle akteurs en aktrises maak ook hulle verskyning in die prent.
Pretville word deur Indigenous Film Distribution versprei en is volgens Helen Kuun, HUB van die maatskappy, nog ’n topgehalte prent in ’n reeks gehalterolprente wat die afgelope tyd vervaardig is. "Die fokus val op pret en plesier en hierdie opwindende rolprent sal die rolprentgangers inspireer om saam met die akteurs te sing. Dit is wonderlik om die vooruitgang te sien betreffende die gehalte en produksiewaardes van rolprente in Suid-Afrika, terwyl uitstekende Suid-Afrikaanse vermaak terselfdertyd geskep word."
Die klankbaan sal deur Coleske Artists uitgereik word.
CAST / ROLVERDELING
Serah Somers - Marlee van der Merwe
Dawid de Wit - Eugene Jensen
Frank Fouche - Marno van der Merwe
Grieta Geeverniet - Lizelle de Klerk
Eddie Elektriek - Steve Hofmeyr
Emily Somers - Sanet Ackermann
Pierre Lukuveer - Terence Bridgett
Ouma Sarie - Annette Engelbrecht
Lollie le Roux - Lizz Meiring
Roeda Regyt - Rina Nienaber
Hennie Hakkel - Willem Botha
Jakkie - Emo Adams
Jakomien - Margit Meyer Rödenbeck
Gerda Geeverniet - Carike Keuzenkamp
CREW / ROLVERDELING
Uitvoerende vervaardigers - Paul Krüger
Emma Krüger
Regisseur - Linda Korsten
Musiek & Lirieke - Machiel Roets
Regisseur van Fotografie - Paul Krüger
Kuns Regisseur - Bathoni Robinson
Kostuumontwerp - Nerine Pienaar
Choreografie - Ferdinand Gernandt
Redigeerder - Anel Stolp
Assistent regisseur - Renske de Klerk
Assistent vir die regisseur - Erik Holm
Film Partners
Content to come
Pretville Nuus!
Die onderhoude wat by die junket verfilm is sal hierdie Vrydag 09 November op Dagbreek (KykNet 06h00 – 08h00) uitgesaai word.
Nuus / Editorial
SCREEN AFRICA Rocking the 1950s
Jacaranda FM Glam & Skinner: Pretville
Independant Cinemas
Listing coming soon
Premiere
More information coming soon
Weber
More information coming soon
GHD
More information coming soon
Le Creuset
More information coming soon
Proe Pretville
More information coming soon



























